| |
|
| 19 Januarie 2009 - Die van 19's! |
Vandag gebeur iets uitsonderlik hier by 7de Laan. Ons neem vandag 19 Januarie 2009
Epispode 1919 op, en dit word uitgesaai op 19 Maart 2009! Met al die 19's en 9's
in die omloop vandag word die cast en crew bederf met eetgoed vol 19's! |
| Die einde van die jaar is in sig! - 28 November 2008 |
Die einde van die jaar is in sig vir almal hier by 7de Laan. En ons kan
nie meer wag vir ons langverwagte verlof nie! Maar daar is 'n hele paar
dinge wat nog moet gebeur voor ons sluit op 12 Desember. Diaan Lawrenson (Paula)
open op 29 November 'n restaurant in Villiersdorp. Hennie Jacobs (Diederik)
en sy verloofde Marissa Vosloo beloof ewige trou aan mekaar op 6 Desember. Hulle
was die afgelope week die slagoffers van 'n kaping, gelukkig is albei ongedeerd, net nog
erg geskok! En Hennie is vandag terug op sy pos.
Die 7de Laan Kersfees partytjie is op 4 Desember en almal sien uit daarna
om die suksesvolle jaar op 'n hoë noot af te sluit.
Een van ons skrywers, Sonja Mae Louw, wat tans in Australië woon het kort
na hulle aankoms daar uitgevind dat sy en haar man 'n baba verwag! |
| 7de Laan vier Loslitdag - 5 September 2008 |
Die stel van 7de Laan is vandag oorval met vreemde kreature, want dis vandag
Loslit Dag! 'n Nar, 'n punk, 'n French maid en Winnie the Pooh is maar net 'n paar
van die vele karakters wat vandag hier rondloop. Doen jou deel en koop jou plakker
teen R10, ons het! |
| 3 September 2008 - You Spectacular |
Meeste van die akteurs gaan vannaand die You Spectacular toekennings bywoon
by Emperors Palace. Twee van die 7de Laan akteurs, Diaan Lawrenson (Paula)
en Theo Jantjies (Xander) is genomineer vir toekennings. Ons hou styf duime vas! |
| 14 Augustus 2008 - 7de Laan Hou langnaweek |
Die hele cast en crew van 7de Laan gaan Maandag 18 Augustus en Dinsdag 19 Augustus
'n blaaskans vat. Baie van die akteurs is Sondag betrokke by die fondsinsamelingskonsert
vir Trudie Taljaard. Maar meeste gaan 'n bietjie vakansie hou. Almal sal Woensdag 20 Augustus
terug op hul pos wees. |
| 25 Julie 2008 - Tessa kuier op stel |
Vicky Davis wat die rol van Tessa in 7de Laan vertolk het, het vandag vir al die ou bekendes op stel kom kuier. Vicky
woon deesdae in Kaapstad waar sy as vryskut aktrise werk.Sy verklap dat sy 'n rol in 'n Bollywood fliek losgeslaan het, en
sy is saam met ontwerper Ronnie Belcher besig om aan 'n juwelereeks, Earthmark, te werk. |
| 18 July 2008 |
Next week the 7de Laan will break with tradition and film episodes out of sequence. This is because the Art Department is recreating a section of Sun City’s Valley of the Waves for the finals of the Shoprite and Checkers Championship Boerewors Competition. The set will only be ready on the Friday – so episodes 1801 to 1803 will be recorded before 1800. The script however has been finalized and is jam packed with hilarious situations and an unexpected winner! |
| 6 June 2008 |
Some of the 7de Laan cast will be attending the Crystal Awards this weekend. 7de Laan has been nominated as Best Soap, Best Ensemble Cast and Zane Meas (Neville) as best actor. We’ll keep you posted on how it went. |
| 28 April 2008 |
There are a couple of new faces on set that should get South Africa rather excited. Veteran actress Annabel Linder has joined us for a hilarious story with Oubaas and Stian Bam (Feast of the Uninvited) and Jo da Silva have also joined the cast. So look out for some nail biting storylines in the near future. |
| 18 March 2008 |
The 7de Laan team will be taking a break this Easter weekend. Many of the cast members will be going to take part in the Klein Karoo Kunstefees. Because three of 7de Laan’s Directors will be at the festival next week, Danie Odendaal himself will direct one of the episodes. |