Vorige Uitslag
What is your top wish for 2012?
I am like Kim, Diederik and San Mari I am looking for love.
I am like Aggie and Altus I want my career to flourish.
I am like Vince and Bonita a new home is on my list.
Zinzi Se Skinderrubriek

J&B Met
Melanie du Bois was een van vele bekendes wat op Saterdag 28 Januarie glans verleen het aan die jaarlikse J&B Metropolitan Perdewedren in die Kaap. Ons weet nie op watter perd sy gewed het nie, maar ons geld is beslis op haar as dit kom by iets vir die oog! Read more ...

Helena terug in die Laan
Helena, wat al 'n ou bekende in 7de Laan is, maak weer 'n draai. Sy is in Suid-Afrika om skilderye vir die galery in Stuttgart te soek. Maar soos ons almal weet kan die Moolman susters nogal emosioneel en impulsief wees, so ek vermoed daar wag 'n baie opwindende tydjie op ons...
A regular face in 7de Laan makes a return. Helena is in South Africa looking for paintings for her gallery in Stuttgart. But I suspect there might be something else troubling her. As you know, the Moolman sisters have always been an emotional lot – so I think there might be some exciting times ahead of us…
Read more ...Wat Het Gebeur
Episode Nommer: 2670
3 Februarie 2012
Kim rapporteer aan San-Mari dat alles die vorige aand so goed verloop het, dat Bernard haar die aand weer wil sien. Nou moet San-Mari hom oorreed om vir Kim te drop en saam met haar uit te gaan. Nie dat dit maklik sal wees nie want hy kon hom skaars inhou en is definitief lus vir meer. Maar San-Mari sukkel nie juis om hom van plan te laat verander nie. Wanneer hy 'n flou verskoning maak en sy date met Kim kanselleer pruil sy kamma teleurgesteld, maar sodra hy sy rug draai kyk sy hom met dolke in haar oë agterna en glimlag gevaarlik.
Helena loop vir Pieter in Oppiekoffie raak en sê sy is nog vir twee weke in Johannesburg, hy moet 'n paar doeke gereed kry sodat sy daarna kan kyk. Herman en Felicity stap in en is duidelik liries gelukkig om weer saam te wees. Helena hou die twee duifies enigmaties dop. Later daag sy by T&T op en raak vir die eerste keer dreigend. Sy sê vir Herman sy dink Felicity behoort te weet dat hy sy tyd met ander vrouens verwyl wanneer sy nie by die huis is nie. Maar wanneer Felicity instap en haar vir ete nooi is sy skielik die vriendelikheid vanself en sê met 'n knipoog liewer nie, hulle tweetjies is nog skaars getroud en Felicity was hoe lank weg. Hulle verkies seker om alleen te wees. Herman hou pose maar is stilweg reg om te moor.
Bonita is senuweeagtig om Daleen te ontmoet. Hilda probeer haar troos en sê sy kan nogal baasspelerig wees en sy vind fout met alles, maar sy doen dit vir haar seuns. Oor sy net die beste vir hulle wil hê. Bonita is nou meer oortuig as ooit dat Daleen gaan dink sy is nie goed genoeg vir Vince nie. Vince is self bekommerd. Hy is nie lus vir 'n bakleiery nie, maar as Daleen iets oor Bonita sê gaan hy nie stilbly nie. Maar dit lyk of hulle verniet bekommerd was want Daleen is die vriendelikheid vanself en die ontmoeting loop goed af. Hilda tel wel op dat Daleen effe afgetrokke en afwesig is en wonder wat skort.
Sanjay onthul dat hy die room wat Kim 'n uitslag gegee het deur 'n laboratorium laat ontleed het en dit bevat 'n hele paar ongewenste bestanddele wat nie op die etiket aangedui is nie. Neville is beïndruk met sy inisiatief en sê hy moet dadelik 'n artikel daaroor skry. Paula is glad nie gelukkig dat haar artikel oor Miss Madeleine se nuwe room opsy geskuif word om plek te maak vir Sanjay se artikel nie.
Marko, Paula en Diederik vergader oor Miss Madeleine. Marko is terughoudend en korrek teenoor Paula, maar hy skiet al haar voorstelle af. Diederik is bewus van die onderliggende spanning tussen die twee en maak hom so gou moontlik uit die voete. Paula wil seergemaak weet wat aangaan, hoekom is Marko so aaklig met haar? Marko sê hy is moeg vir die kat en muis-speletjie. Wil sy hom hê of nie? Paula spartel om hom te antwoord. Marko onderbreek haar en sê dis okei, hy kry die boodskap. En dit sal beter wees as sy nie meer by die projek betrokke is nie.
Bernard wants to see Kim again. But San-Mari asks him out and he cancels with Kim. The girls plan is working perfectly.
Helena asks Pieter to show her a few canvases for the gallery. She threatens Herman that she is going to expose him and when Felicity joins in on the conversation she makes some dangerous double-entendres that fortunately Felicity doesn’t catch but leave Herman fuming on the knife edge.
Although Vince and Bonita are preparing for a fight is Daleen has a bad word to say about their marriage, Daleen gives them no reason to worry and is friendly and sweet to Bonita. Hilda notices that she seems pre-occupied and distant.
Sanjay reveals that the cream Kim used contains illegal substances that are not listed on the label. Neville thinks it would make a great article.
During a brainstorm, Marko is very curt with Paula and shoots all her suggestions down. When she confronts him he admits he fancies her but is getting mixed signals. He hates paying games and suggests she withdraw from the project.
Episode Nommer: 2669
2 Februarie 2012
Na die vorige aand se gebeure is Herman baie gespanne. Hy probeer om vir Helena te verduidelik dit was 'n oomblik van waansin, dit moes nooit gebeur het nie, en gelukkig het hy betyds tot sy sinne gekom. Maar Helena voel heeltemal anders oor die saak. Sy is hoogs ontsteld en begin om vir hom te vertel presies wat sy van hom dink, maar word onderbreek deur 'n vrolike Felicity wat instap en sê sy het haar morsdood verlang en kon nie 'n oomblik langer wegbly nie. Helena verskoon haarself en gaan, maar wanneer Herman Felicity in sy arms neem en passievol omhels, sien ons dat Helena in die ingang staan en hulle donker en wrewelrig dophou.
Paula is so geïnspireer deur Miss Madeleine se sensasionele nuwe room dat sy ʼn vollengte Paula Prut daaraan gaan wy. Marko is hoogs in sy skik en stel voor dat hulle bymekaar kom om 'n paar idees oor die skoonheidskompetisie rond te gooi. Hy sal hoor of Diederik ook daar kan wees. Paula kan nie verstaan wat dit met hom te doen het nie en is verward en seergemaak as sy hoor dat Altus gevra het dat hy die projek moet oorneem.
Die Meintjiese sien met trepidasie uit na Daleen se aankoms en dis duidelik dat almal se senuwees aan een lang rafel hang want die humeure is maar kort. Veral Bonita sien nie uit na die ontmoeting nie. Sy het gehoor Vince se ma is baie grand en is oortuig sy gaan dink sy is nie goed genoeg nie. As dit weer 'n familievete gaan begin, hol sy weg. Maar wanneer Daleen opdaag is sy tot almal se verbasing heeltemal inskiklik en tegemoetkomend en het nie 'n skewe woord vir enigiemand te sê nie.
Bernard is heeltemal verward as hy bloutjies by beide Vicky en Gwen loop. Maar hy kry nie eintlik kans om te wonder wat aangaan nie want Kim sluit by hom aan, gooi flikkers en skimp woes vir 'n date. Bernard kan sy goeie geluk nie glo nie en laat hom nie twee keer nooi nie. Die meisies beplan hulle strategie. San-Mari reken Kim moet wys dat sy ʼn geheimsinnige en verleidelike sy het. Sy moet haar wimpers fladder en sylangs na hom kyk sodat hy haar profiel kan sien. En sy moet haar hare op dra en dan die knippie uithaal sodat dit verleidelik oor haar skouers val. Dis presies wat Kim die aand doen. En nes San-Mari voorspel het, is Bernard totaal en al betower.
Herman tries to explain to Helena that it was a moment of insanity and it should never have happened and thank goodness he came to his senses. But Helena is furious and tries to tell him what she thinks about him, but Felicity returns. Helena watches dangerously as Herman and Felicity passionately embrace.
Paula loves the new Miss Madeleine cream and Marko suggests they brainstorm ideas for the beauty contest. Paula is hurt when she hears Altus has withdrawn himself from the project.
Everyone is anxious about Daleen’s arriveal, especially Bonita who fears she will not be accepted by Vince’s mom. But Daleen is reserved and pleasant and doesn’t say anything untoward.
Bernard can’t understand why Vicky and Gwen have dumped him. But he doesn’t worry for too long because Kim invites him out and seduces him with fluttering eyelashes, pouty looks and sexy hair flicks.
