Stembus

Moet Mandla die nuwe werksaanbod aanvaar?

  • Ja, hy verdien dit
  • Nee, hy moet by Hillside Times bly

Vorige Uitslag

Moet Xander Vanessa se hofsaak hanteer?

Ja, hy ken haar die beste

90%

Nee, dis beter dat iemand onbetrokke haar verteenwoordig

10%

Zinzi Se Skinderkolom

Dressed to kill...

Dressed to kill...

Iets is beslis aan die gebeur hier in die Laan. Al die dames is aangetrek in die mooiste rokke en hul hare is spesiaal gedoen. Die manne loop hier rond in netjiese tuxedo's. (Beslis iets vir die oog!) Ek wonder wat kan dit wees? Dis is seker een of ander funksie... Kyk 7de Laan op 11 November om uit te vind hoekom almal so pragtig lyk.

 Read more ...

Twee nuwe karakters...

Twee nuwe karakters...

Sjoe! Hier is nou sommer twee nuwe mense in Hillside. Len Struwig is sopas deur Gita aangestel om as bestuurder by Bright Star te werk Kom ons hoop hierdie man kan haar droogskoonmakery verander sodat sy darem 'n geldjie daaruit kan maak. Dan is daar die skaam outjie, Nico. Hy is Matrone se nuwe assistent in die boekwinkel. Hopelik sal hy die mas opkom onder Matrone se bestuurstyl... Lees meer oor altwee hierdie akteurs in ons "Karakter" afdeling. Read more ...

SABC 2
Click To Enlarge

Nuus

Bestaan onse Hilda dan in Oz?

25 January 2010

Een van 7de Laan se skrywers, Sonja Mae Louw,  het omtrent ‘n jaar en ‘n half gelede haar in Australië gaan vestig. Sy woon tans in Cronulla, Sydney, en skryf steeds episodes vir 7de Laan. Sy het onlangs hierdie briefie vir ons aangestuur en ons wil dit met almal hier in Suid-Afrika deel!

Haai almal,


Hier is sommer ‘n klein storietjie wat my daagliks laat glimlag. Ek het so soortvan bevriend geraak met die eienares van my gunsteling coffee shop. Haar naam is Tess.


Julle sal my nie glo nie, maar sy is onse Hildatjie uitgeknip. Sy lyk selfs soos sy! Om by te dra tot die toeval, woon sy in die selfde woonstelgebou as my vriendin, Nansi (saam met wie ek elke dag gaan koffie drink by Tess se koffiewinkel) – kompleet soos in die Heights. Tess dra altyd almal se belange op die hart, so vandat ons haar beter ken is Cronulla (waar ek woon) skielik ‘n drie-dimensionele woonbuurt. Ons ken al die nuutste skandes en skades (laat ‘n mens wonder wat sy oor ons sê?!).


 Sy daag nooit op sonder ‘n ‘eetdingetjie in tupperbakkie’ nie. En bring selfs left-over koek en koekies van die coffee shop as ons ‘n impromptu kuiertjie reël. Sy’t ons almal aangeneem as haar kinders en verwys na haarself as Ava (my dogtertjie) en Oskar (my vriendin se seuntjie) se ‘oma’. Sy sit saans nie ‘n oog op mekaar nie en haar ‘senuwees hang daagliks aan ‘n flenter’.


 Maar die toppunt was, toe ek nou die dag by haar woonstel gaan kuier het  wys sy my ‘n rokkie wat sy by die nuwe boetiek se openings-cocktail gekoop het (I kid you not!). Ek sê toe ewe polite: dis baie mooi, ‘n mens kan dit mooi accessorise, ens ens. Toe, met stralende trots, maak sy haar kas oop en onthul... Haar versameling SERPIES!!!!!


 Anyway – het gedink ek deel dit met mense wat sal verstáán. Aan die eenkant was ek nog nooit so ver van julle af nie, maar aan die anderkant was ek nog nooit so naby aan Hillside in my lewe nie!


Mooibly
Serpie Spook

(Sonja Mae Louw)