Vorige Uitslag
Moet Xander Vanessa se hofsaak hanteer?
Ja, hy ken haar die beste
Nee, dis beter dat iemand onbetrokke haar verteenwoordig
Zinzi Se Skinderkolom

Dressed to kill...
Iets is beslis aan die gebeur hier in die Laan. Al die dames is aangetrek in die mooiste rokke en hul hare is spesiaal gedoen. Die manne loop hier rond in netjiese tuxedo's. (Beslis iets vir die oog!) Ek wonder wat kan dit wees? Dis is seker een of ander funksie... Kyk 7de Laan op 11 November om uit te vind hoekom almal so pragtig lyk.
Read more ...
Twee nuwe karakters...
Sjoe! Hier is nou sommer twee nuwe mense in Hillside. Len Struwig is sopas deur Gita aangestel om as bestuurder by Bright Star te werk Kom ons hoop hierdie man kan haar droogskoonmakery verander sodat sy darem 'n geldjie daaruit kan maak. Dan is daar die skaam outjie, Nico. Hy is Matrone se nuwe assistent in die boekwinkel. Hopelik sal hy die mas opkom onder Matrone se bestuurstyl... Lees meer oor altwee hierdie akteurs in ons "Karakter" afdeling. Read more ...
Kollig Op...
Illse se roos en wyne
Almal van ons ken Isabelle Moolman en al die intriges in haar lewe, maar Illse Roos verskil hemelsbreed van Isabelle. Hier is ‘n paar interessante feite van haar wat nie almal weet nie...
Mooiplaas
Illse se familie het ‘n wynplaas, Mooiplaas, in die Bottelary distrik, buite Stellenbosch. Die derde geslag in hul families gaan binnekort ook daar inval met die wynmakery. Die wyne wat daar gemaak word is meestal rooiwyn, maar hier is ‘n lys van almal:
• Langtafel Rooi (versnit, lekker kuierwyn)
• Langtafel Rosé (drrog, maar met ‘n heerlike aarbei neus)
• Langtafel Wit ( versnit)
• Sauvignon Blanc (vars en vrugtig)
• Chenin Blanc (heuning kwaliteit)
• Pinotage (ongehout)
• Merlot (sag en volrond)
• Cabernet Franc (vluweelsag)
• Cabernet Sauvignon (Klassieke styl, heilig, lekker saam met donker sjokolade)
• Shiraz (volrond, sjokolade kwaliteit)
• Rosalind (ons flagship!)
• Bubbly “Duel” MCC
Dit is ‘n tradisie dat die hele familie elke Kersfees bymekaar kom en saam kuier op die plaas. En dit is te verstane, aangesien daar ‘n 50 hektaar fynbos natuurreservaat op die plaas is met ‘n wandelpad. Die plaas is een van die eerste plase wat betrokke geraak het by die “Wine Bio-Diversity” program. Dit beteken dat jy en die natuur basies hand aan hand saamwerk.
Maar Illse kuier nie net op die plaas nie, sy doen ook die PR van die wyne en help uit by groot skoue, soos Winex. Sy noem ook dat haar gunsteling wyn hulle Sauvignon Blanc en Cabernet Sauvignon is.
Besoek gerus Mooiplaas se website by www.mooiplaas.co.za om meer uit te vind en om pragtige foto’s te sien in hul galery.
Die Illse Roos-roos
Vir diegene wat nog nie gehoor het nie: ‘n Roos is hierdie jaar na haar vernoem. Dit was die tydskrif, Finesse, se inisiatief. Hulle wou graag vir Illse op hul voorblad vir Augustus, vrouemaand, gebruik en het met die voorstel gekom dat dat ‘n roos na haar vernoem word.
Illse kon kies hoe die roos moet lyk en sy het besluit op ‘n wynrooi roos wat hemels ruik. Sy het op ‘n plaas groot geword, omring met rose, maar sy wou ‘n outydse rooi roos hê wat groot en gul oopmaak en lekker ruik. Illse beskou dit as ‘n eer om ‘n roos na haar vernoem te hê, dit is vir haar baie spesiaal en is ‘n erfenis vir haar kinders.
Ludwig’s Roses
Die Illse Roos-roos is gekweek deur Ludwig van Ludwig’s Roses deur ‘n kruisbestuiwingsprogram. Die roos het dieprooi, gepunte bloeisels wat later ontluik in groot crimson en burgundy blomme. Die roos ruik heerlik en hou baie lank. Daar is eienskappe van die Ingrid Bergman-roos in dié roos se gene. Dit is ‘n lang regopgroeiende plant met min dorings wat individuele blomme mooi dra. Die roos is veral in volle blom gedurende November maande.
Besoek gerus www.ludwigsroses.co.za
POWA
Maar dit gaan vir Illse oor meer as net die eer wat dit bring. Drie rand per roos wat verkoop word, word geskenk aan ‘n liefdadigheidsorganisasie, POWA (People Opposing Woman Abuse). Hulle visie is om ‘n veiliger gemeenskap te skep, wat nie geweld teenoor vroue duld nie en waar vroue invloedryk, sterk, selfonderhoudend, gelyk en gerespekteerd kan wees. Hulle is ‘n gespesialiseerde diensverskaffer wat streef na totale uitwissing van geweld teen vroue om sodoende vroue se kwaliteit van lewe te bevorder. En sodoende die gesin as geheel te help.
Die liefdadigheidsorganisasie wat baat sal vind by die verkope van die roos, was ook Illse se keuse en sy het op POWA besluit. Alhoewel sy besef dat daar baie ander organisasies is wat ook ondersteuning verdien, voel sy dat mense geneig is om makliker te gee vir weerlose kinders, oumense en diere. Illse glo vroue is die hoeksteen van die gemeenskap. “As mens ‘n vrou help, help jy ‘n kind, en as jy ‘n kind help, kan jy die siklus van mishandeling verbreek en ons kinders is tog ons toekoms.”
Besoek gerus www.powa.co.za om meer van die organisasie uit te vind.
So gaan koop ‘n roos vir iemand vir Kersfees – hulle sal elke keer aan jou dink as dit vol in blom staan en jy help iemand wat hulp nodig het!
