Stembus

Moet Mandla die nuwe werksaanbod aanvaar?

  • Ja, hy verdien dit
  • Nee, hy moet by Hillside Times bly

Vorige Uitslag

Moet Xander Vanessa se hofsaak hanteer?

Ja, hy ken haar die beste

90%

Nee, dis beter dat iemand onbetrokke haar verteenwoordig

10%

Zinzi Se Skinderkolom

Dressed to kill...

Dressed to kill...

Iets is beslis aan die gebeur hier in die Laan. Al die dames is aangetrek in die mooiste rokke en hul hare is spesiaal gedoen. Die manne loop hier rond in netjiese tuxedo's. (Beslis iets vir die oog!) Ek wonder wat kan dit wees? Dis is seker een of ander funksie... Kyk 7de Laan op 11 November om uit te vind hoekom almal so pragtig lyk.

 Read more ...

Twee nuwe karakters...

Twee nuwe karakters...

Sjoe! Hier is nou sommer twee nuwe mense in Hillside. Len Struwig is sopas deur Gita aangestel om as bestuurder by Bright Star te werk Kom ons hoop hierdie man kan haar droogskoonmakery verander sodat sy darem 'n geldjie daaruit kan maak. Dan is daar die skaam outjie, Nico. Hy is Matrone se nuwe assistent in die boekwinkel. Hopelik sal hy die mas opkom onder Matrone se bestuurstyl... Lees meer oor altwee hierdie akteurs in ons "Karakter" afdeling. Read more ...

SABC 2

Gallery

Wrestlerish in die klub

Die klub in Hillside gaan in die toekoms besig wees met heelparty bands wat gaan optree. Die eerste band wat hul verskyning maak is Wrestlerish en die jongklomp het hul gate uit geniet!

Click to Enlarge
Kom julle, klap saam!

Click to Enlarge
Die hoofsanger sing sy hart uit

Click to Enlarge
Wrestlerish in aksie

Click to Enlarge
Angelique Gerber (Clara en die band wag vir die countdown om te begin sodat die liedjie opgeneem kan word.

Click to Enlarge
Al die instrumente is opgestel en gereed vir aksie

Click to Enlarge
Felicity laat nie op haar wag nie, sy wiel nader in haar rolstoel om die band van nader te bekyk