Stembus

Wat moet Gita doen ten opsigte van Clint?

  • Die polisie bel
  • Geld in die hande kry sodat Clint uit haar lewe verdwyn
  • Vir Herman vertel sodat hy haar kan help

Vorige Uitslag

Wat moet Emma met haar kind doen?

Beslis voortgaan met die aanneming

31%

Sy moet haar kind hou, maar sonder Dawid

15%

Sy moet haar kind hou saam met Dawid

54%

Zinzi Se Skinderkolom

An old friend returns

An old friend returns

One of 7de Laan’s favourite characters Christelle (Anna Mart van der Merwe) will be returning to Hillside in October. Christelle left the Laan happily married to Leon De Lange. Will she be returning still happily married or is there a surprise in store for the viewers?

 Read more ...

Vlamme op stel!

Vlamme op stel!

Hier gebeur vandag 'n baie vreemde ding by 7de Laan! Hier is SFX mense verantwoordelik is vir 'n brand in een van ons tonele. Om te dink hier gaan regte vlamme wees in ons studio's! Kyk op 8 Oktober om te sien waar die brand ontstaan en of daar dalk iemand in die vlamme vasgevang gaan word. Read more ...

SABC 2

Draaiboek

Click To Enlarge

Episode 2326 (30 July 2010)

3.1       Oppiekoffie                  Dag Binne          (17:00)

Kabelo ruim op na dag. Neville en Charmaine hanepootjie.

Charmaine

Kon hulle al uitvind hoe die brand ontstaan het.

Neville

Nee, dit gaan ‘n tydjie vat. Daar het so min van die plek oorgebly, daar is...

Hilda skarrel in, onderbreek.

Hilda

Charmaine, ek het ‘n briljante idee gehad.

Dis oor my varknek met pruimedante en appelsap. Ek het weer gedink... Sê nou ek gebruik druiwesap eerder as appelsap. Dit sal mos...

Neville

Jy kan nie nou bestanddele verander nie, Hilda. Die resepte is reeds goedgekeur, nes hulle is.

Hilda wil protesteer. Aggie in met stapeltjie memo’s.

Neville

Hier is Aggie nou juis met julle skedules. Die proe-sessie vind môre plaas.

Aggie

(gee vir Charmaine en Hilda)

Dis alles hierop.  

Hilda en Charmaine kyk angstig. Vince en Lukas in van buite, na Kabelo.

Lukas

Is jy reg. Happy hour by die klub begin oor tien minute.

Kabelo

(maak gou klaar)

Coming...

Aggie gee vir Lukas en Vince ook memo’s.

Aggie

Vir môre se proe-sessie.

Manne kyk opgewonde.

Hilda

(effe oorstuur)

Vince... Jy sal my môre-oggend moet afgee. Ek gaan die tyd nodig hê om voor te berei.

Vince

No prob. Ek gaan ook moet spark en ek wil jou nie onder my voete hê nie. Netnou sabotage jy my kos.

Hilda verontwaardig.

Vince

Ek grap sommer. Werk by die huis. Ek sal regkom.

Hilda chuffed. manne exit, kruis Matrone wat instoom met memo, takel Neville.

Matrone

Ek sien die beoordeling is by die Hillside Times. Ek is jammer, maar dis onaanvaarbaar.

Neville onkant gevang.

Matrone

Ek dring daarop aan dat dit in ‘n openbare plek geskied.

(met oog op Hilda)

Die publiek moet teenwoordig wees sodat daar geen ongerymdhede plaasvind nie. Sommige beoordelaars het belange by sekere deelnemers.

Hilda

(op haar perdjie)

Oubaas is ‘n ouderling en ‘n steunpilaar in die gemeenskap. Hy sal in sy lewe nooit...

Charmaine

Hoekom hou ons dit nie in Oppiekoffie nie. Dan kan die kos makliker warm gehou word. Ek gee glad nie om nie.

Neville

Kan werk. Dankie.

(aan Aggie)

Sal jy almal laat weet van die verandering.

Aggie knik.

Matrone

(steeds nie tevrede nie)

En hoe gaan julle seker maak dat die disse anoniem beoordeel word. Want as daar die geringste moontlikheid is dat...

Neville

(dink vinnig, busk)

Dis juis hoekom die deelnemers nie teenwoordig mag wees nie. Ons probeer om alles so regverdig moontlik te doen.

Matrone en Hilda gegooi, begin gelyk protesteer.

Matrone

Dis tog seker nie nodig om...

hilda

Maar hoe gaan ons dan...

Neville

(onderbreek, ferm)

Dis die reëls, dames. Dit kan nie anders nie. Aanvaar dit so of onttrek.

Matrone en Hilda aanvaar suur. Charmaine geamuseerd.