Vorige Uitslag
Moet Xander Vanessa se hofsaak hanteer?
Ja, hy ken haar die beste
Nee, dis beter dat iemand onbetrokke haar verteenwoordig
Zinzi Se Skinderkolom

Dressed to kill...
Iets is beslis aan die gebeur hier in die Laan. Al die dames is aangetrek in die mooiste rokke en hul hare is spesiaal gedoen. Die manne loop hier rond in netjiese tuxedo's. (Beslis iets vir die oog!) Ek wonder wat kan dit wees? Dis is seker een of ander funksie... Kyk 7de Laan op 11 November om uit te vind hoekom almal so pragtig lyk.
Read more ...
Twee nuwe karakters...
Sjoe! Hier is nou sommer twee nuwe mense in Hillside. Len Struwig is sopas deur Gita aangestel om as bestuurder by Bright Star te werk Kom ons hoop hierdie man kan haar droogskoonmakery verander sodat sy darem 'n geldjie daaruit kan maak. Dan is daar die skaam outjie, Nico. Hy is Matrone se nuwe assistent in die boekwinkel. Hopelik sal hy die mas opkom onder Matrone se bestuurstyl... Lees meer oor altwee hierdie akteurs in ons "Karakter" afdeling. Read more ...
Draaiboek
Episode 2352 (03 September 2010)
1.3 Oppiekoffie Dag Binne (11:00)
Tim wag vir Neville. sy sel lui.
Tim
(antwoord)
Tim Jordaan... James, good to hear from you. How are things in London...
(lag)
Same here... And at work... Sounds serious. What exactly is the problem…
(oorbluf)
When... Uh-huh... I’ll have to think about it and get back to you... I understand. I’ll let you know as soon as possible. Goodbye.
Tim lui af, verwerk gesprek. Neville in, sluit aan.
Neville
Is ek alweer laat, of is jy vroeg.
Tim
Ek was vroeg.
Neville
Ek het 'n baie positiewe gesprek met Clive Jansen gehad. Hulle stel belang in 'n volblad advertensie vir 'n jaar. Kan jy dit opvolg.
Tim
(mors nie tyd nie)
Daar is iets waaroor ons eers moet praat. James Godfrey van Amco in Londen het my gebel. Die kommersiële lugredery. Hulle het groot probleme in Singapoer en hulle het gevra of ek soontoe kan gaan en dinge uitstryk.
Neville
(gegooi)
Vir hoe lank.
Tim
Hulle sal my nie vir langer as 'n week nodig hê nie. Ek moet bloot gaan kyk wat daar aangaan en 'n paar voorstelle maak.
Neville
Ek sien.
Tim
Sal dit in die haak wees.
Neville
Natuurlik. Nie dat jy my toestemming hoef te vra nie.
(lig)
Dit lyk in elk geval of jy reeds besluit het.
Tim
Dis 'n lekker uitdaging. En goed vir 'n ou bok soos ek om te hoor jy word nog êrens benodig.
Neville
Wanneer vertrek jy.
Tim
Vanaand nog as ek plek kan kry.
Neville
Dan moet jy so gou moontlik by Zinzi uitkom.
Tim
Ook waar. Dankie.
Neville
Sterkte in Singapoer as ek jou nie weer sien nie.
Tim dankbaar, vinnig uit, kruis Tshepiso wat inkom met ‘n hoop lêers. Kabelo op pad na tafel, oog op rekening in sy hand, loop in haar vas. Sy laat lêers val.
Kabelo
Whoa.
Tshepiso
Sorrie sorrie. Ek het nie gekyk waar ek loop nie...
Tshepiso begin lêers verbouereerd optel.
Kabelo
Wag, laat ek jou help.
Tshepiso
I always try to carry too many things. Like two trips from the car would’ve killed me.
Kabelo
Dis nie ‘n big deal nie. Ek het ook nie gekyk waar ek loop nie.
(sit lêers op tafel)
There you go.
Tshepiso
(lag)
Dankie. Soos jy kan sien het ek baie werk wat wag. Ek moet seker aan die gang kom.
Kabelo
(beduie na rekening)
Laat ek hierdie uitsort, dan bring ek vir jou koffie. Op die huis.
Tshepiso
Dit sal lekker wees, dankie.
Tshepiso gaan sit. Kabelo vat rekening vir klant, wag vir geld, kan hom nie keer nie, kyk terug na haar, wonder.
